4th of July naweek.
Ek het besluit dis makliker om die updates is Afrikaans te doen, at least vir nou. (Sorry Stephanie - I'll tell Roelof to translate them for you.)
My updates lyk vir my kleiner as ek hulle in Engels doen, miskien is dit my verbeelding, sal maar moet sien.
So ons 4th of July naweek was great. Die ry was bietjie ver, maar ek dink dit was die ry werk werd. Ons het lekker gekuier, nuwe mense ontmoet en weer die familie gesien.
Ons het Donderdag vroeg daar aangekom en bietjie gekuier en met Jubilee gespeel en die middag het ons by Stephanie se ouers gaan grill en die aand het ons awesome vuurwerke gaan kyk ny een van haar vriende se huise.
Vrydag was ons maar rustig by die huis en die aand het ons hoender take aways gekryby Popeye's en in die Texas Canyon gaan eet.
http://www.palodurocanyon.com/
Dit was so mooi daar. Ek het bietjie met my kamera gespeel en 'n paat foto's geneem, hulle is dalk nie te great nie, maar ek het myself gate uit geniet. Dit is regtig beautiful daar.
Saterdag was ons weer rustig by die huis en het bietjie Monopoly gespeel en die aand het ons saam met Stephanie se ma hulle en 'n paar van Stephanie en Roelof se vriende gebraai. Ons het ook die Amerikaaners ge - educate in hoe om te bring en braai. Dit was great en regtig fun.
Ek kan nie wag vir Thanksgiving nie.
Een van Stephanie se vir ons die donderdag aand:
So this is your first 4th of July?
Toe se ek nee, ons het al baie gehad, maar dit is ons eerste Amerikaanse 4th of July.
Damn ek is funny.
Hoop julle enjoy die foto's en die video clips wat ek geneem het.
Die kinders in hulle nuwe 4th of July klere wat tannie Stephanie vir hulle gekoop het. |
Nie iets wat jy verwag om in Texas te sien nie, ek moes 'n foto neem |
Ons grilled hamburgers in oms Amerikaanse vlag borde. |
Die kinders met hulle sparkles |
Die vuurweke was awesome, het nog nooit sulke great vuurwerke gesien nie.
|
Vir een of ander rede kry ek nie die video clip van die vuuwerke hier gelaai nie. Sal later weer prober.
Texas Canyon.
Pretty baby. |
Ja, jy ook pretty baby. So smile. |
Hierdie is geneem net na 21:00 die aand, dan begin dit eers skemer word. |
Henry en Roelf het na die cave toe gestap, ons vrouens het geweier om uit die kar uit te klim want hulle het orals spinnekoppe gesien so groot soos hulle hande, ons wou die kans vat nie. |
View van die lookout. Die foto's op die website is soveel beter. Volg net die link en gaan kyk die foto's |
Hulle eerste smores. Ek moet se dit is baie lekker. |
Lief vir julle en mis julle almal baie.