Friday, October 18, 2013

 

 

 Zander!!


Zander was so opgewonde en sad oor die tand storie. Hy kon nie sy BFF in SA wys nie, so toe wou hy hom bere vir as ons ooit weer SA toe gaan sodat hy dit vir sy BFF kan wys eendag. Toe se ek ons neem eerder 'n foto en sit dit op die internet vir die wat wil sien. Ek het net nie geweet dis so damn moeilik om 'n tand afteneem dat dit na iets soos 'n tand lyk nie. Seriously - vir die wat dit nog nie prober het nie, dis nie fun nie. So ek hoop julle kan die foto uitmaak. (Anders kan julle maar net uit my skryf aflei dis wat dit moet wees)




In elk geval die volgende oggend was hy nie so opgewonde oor die dollar onder sy kussing nie, want hy dink dit is soos SA geld tot ek verduidelik het dit is soos R10 en nie R1 nie en wat hy alles met sy geld kan koop. Toe is hy happy. Kinders!!








Finally?!


Henry het bietjie met die rekenaar gewerk en hom probeer uitsorteer so kom ons kyk of en nou kan foto's update. Ek dink daar is heelwat so ek gaan kyk wat ek kan doen.

So 'n paar maande terug was ons by Old Town Spring en hier is die foto's. Dit was regtig awesome. Daar is so 'n rustige atmosfeer, musiek en awesome winkels.

Dis waar ons geeet het. Die kos was so lekker.

Die binne kant van die eetplek.







 



En net oorkant die pad van die eetplek is die treinspoor. Die trein wat hier verby kom is vreeslik lank ons het maklik vir 10 minute plus gestaan terwyl hy verby gekom het.

 
En dan net 'n paar foto's van hoe dit daar lyk. Ek sal vir ure hier kan rondloop. Dis masief groot en ons is nie eens deaur die hele area nie.











Die old school house.



Die post office.
My vriendin Rita.

Ons het bietjie ietsie gedrink en na die live musiek geluister.
Dit was regtig fun en ons sal beslis weer gaan. Gaan kyk by:

http://www.oldtownspring.com/
http://www.puffabellys.com/

Hoop julle geniet die foto's!!

Groete en Liefde.

Thursday, July 18, 2013

4th of July naweek.


Ek het besluit dis makliker om die updates is Afrikaans te doen, at least vir nou. (Sorry Stephanie - I'll tell Roelof to translate them for you.)

My updates lyk vir my kleiner as ek hulle in Engels doen, miskien is dit my verbeelding, sal maar moet sien.

So ons 4th of July naweek was great. Die ry was bietjie ver, maar ek dink dit was die ry werk werd. Ons het lekker gekuier, nuwe mense ontmoet en weer die familie gesien.

Ons het Donderdag vroeg daar aangekom en bietjie gekuier en met Jubilee gespeel en die middag het ons by Stephanie se ouers gaan grill en die aand het ons awesome vuurwerke gaan kyk ny een van haar vriende se huise.

Vrydag was ons maar rustig by die huis en die aand het ons hoender take aways gekryby Popeye's en in die Texas Canyon gaan eet.

http://www.palodurocanyon.com/

Dit was so mooi daar. Ek het bietjie met my kamera gespeel en 'n paat foto's geneem, hulle is dalk nie te great nie, maar ek het myself gate uit geniet. Dit is regtig beautiful daar.

Saterdag was ons weer rustig by die huis en het bietjie Monopoly gespeel en die aand het ons saam met Stephanie se ma hulle en 'n paar van Stephanie en Roelof se vriende gebraai. Ons het ook die Amerikaaners ge - educate in hoe om te bring en braai. Dit was great en regtig fun.

Ek kan nie wag vir Thanksgiving nie.

Een van Stephanie se vir ons die donderdag aand:

So this is your first 4th of July?

Toe se ek nee, ons het al baie gehad, maar dit is ons eerste Amerikaanse 4th of July.

Damn ek is funny.
Hoop julle enjoy die foto's en die video clips wat ek geneem het.



Die kinders in hulle nuwe 4th of July klere wat tannie Stephanie vir hulle gekoop het.

Nie iets wat jy verwag om in Texas te sien nie, ek moes 'n foto neem

Ons grilled hamburgers in oms Amerikaanse vlag borde.


Die kinders met hulle sparkles



 





Die vuurweke was awesome, het nog nooit sulke great vuurwerke gesien nie.


 
 Vir een of ander rede kry ek nie die video clip van die vuuwerke hier gelaai nie. Sal later weer prober.
 
Texas Canyon.
























Pretty baby.

Ja, jy ook pretty baby. So smile.






















Hierdie is geneem net na 21:00 die aand, dan begin dit eers skemer word.








Henry en Roelf het na die cave toe gestap, ons vrouens het geweier om uit die kar uit te klim want hulle het orals spinnekoppe gesien so groot soos hulle hande, ons wou die kans vat nie.











View van die lookout. Die foto's op die website is soveel beter. Volg net die link en gaan kyk die foto's





 
Hulle eerste smores.
Ek moet se dit is baie lekker.
E hoop julle het dit geniet. Sal prober pla maak met die video clips.
Lief vir julle en mis julle almal baie.