Ons was mall toe en het toe by een van die ouens gaan kuier wat saam met Henry werk wat ook van Suid Afrika af is. Hulle is engels en hy is al 2 jaar hier, maar hulle kon ons ook baie help met vrae en advies. Ons het baie lekker gekuier en gereel dat sodra ons ingetrek is dan reel ons 'n Suid Afrikaanse braai. Sy vrou is Polish, hulle is nog nie lank getroud nie en sy soek eg Suid Afrikaanse kos so ek het aangebied om eendag vir hulle te kook
Die mall was regtig 'n amazing ondervinding. Ek het 'n klomp winkels gesien wat ek al van gehoor het, so dit was vir my great om al die plekke te sien soos:
Banana Republic
Gap
Victoria Secret
Macy's
Abercrombie
Barnes & Noble
The Cheesecake Factory
En dan is daar 'n speelarea vir die kinders is die mall met gemaklike bankies vir die ouers om op te sit. Die courtyard voor die ingang het skadu sit areas en musiek wat speel. Hulle het selfs gemaklike banje en tafels reg deur die mall om te sit. Dit is so ontspannend ek het vir Henry gesê ek sal dalk meer gereeld saam hom gaan shop. En op sondae maak amper al die winkels eers 12:00 oop, dit was vir my freaky.
Dan was daar die Portofino Centre wat Italian inspired is, dit is baie mooi.
Hier is 'n paar interessante plekke om op die internet op te soek as julle wou.
http://woodlandsevents.com/shopping-centers/portofino-center
http://www.edpartnership.net/shopping.html
http://www.thewoodlandsmall.com/
http://thewoodlands.com/
Ons kyk na 'n huis in The Woodlands, ons hou baie van die area, dit wat ons sover gesien het is awesome en soveel om te doen.
Toe is ons gister in Starbucks en ek het net klaar koffie gehad so toe is ek nie lus vir koffie nie, so ek het nog nie my Starbucks gehad nie, maar ek sal nog. Die mense by wie ons gister was bly in dieselfde omgewing as waar ons soek, so ons gaan baie naby aan mekaar wees. So hulle kan met baie goed help as ons nie seker is nie, maar hulle sê hulle bly baie lekker. So dit is al waaraan ek kan dink vir nou, sal weer update sodra ek ietsie het.
Walmart |
Walmart |
The Woodlands Mall courtyard |
Barnes & Noble - die gtootste boek franchise hier |
Woodlands Mall courtyard |
Woodlands |
Courtyard |
Courtyard |
Mall courtyard |
Courtyard - met koelte, bankies en musiek |
Courtyard |
Woodlands |
Macy's |
Speelarea in die mall |
Kyk na ons paaie, hulle is almal so. Wit. Hulle is van beton gemaak |
Kyk die cute firehydrant. Het my 'n paar dae gevat voor ek hulle gesien het, maar hulle is oral. |
Ek meot se die links het my nou n paar dae besig gehou.... lol.
ReplyDeleteMaar ek soek nou nog pics toe man. En nog n update op die blog suster....