Saturday, April 20, 2013

So vandag was soortvan 'n weird dag.

Eerstens ons is oppad Houston toe en beland agter 'n polisie kar. Na 'n rukkie se ek vir Henry: "Hey, kyk daar is 'n Dunkin Doughnut" en die volgende oomblik trek die polisie daar in. Ons het so gelag. Ek het regtig gedink die gespot met polisie en doughnuts was dit, net 'n gespot. Hoe cliché is dit?

Tweedens besluit ons om iets te kry om te eet so ons stop toe by BJ's, dit is 'n Brewhouse. Toe ons in stap is daar 'n kennisgewing op wat iets soos die volgende sê: "keeping an unlicensed firearm on you on these premises is against the law, bla bla bla", iets soos dit. Wat vir 'n weird kennisgewing is dit om in 'n restaurant te sit? Iets wat jy seker net in Texas sal kry.

Volgende, na 'n ruk stap daar 'n groep mense verby en ons hoor net 'n stukkie van hulle gesprek, maar nie genoeg om seker te wees ons het reg gehoor nie en nog voor ek iets vir Henry kan sê, sê hy vir my hy is seker die man het afrikaans gepraat. Iets wat ek ook gedink ek gehoor het. Hy wil toe opstaan en gaan seker maak, ek skaam my toe amper dood, want al wat ek kan dink is, sê nou ons is verkeerd en hulle kyk hom/ons aan asof ons 'n skroef los het. Ons almal ken my man, so hy is toe op en agter die mense aan. Gelukkig voor hy by hulle kon kom hoor hy toe hulle praat regtig afrikaans en stel homself toe voor. Hulle is 2 verskillende huisgesinne wat altwee afrikaans is en al 3 jaar plus al hier bly. Maar weereens, wat is die kanse? Hulle het vir Henry hulle kaartjies gegee en gesê ons moet 'n braai reel. Baie vriendelike mense.

All in all dink ek dit was 'n baie produktiewe dag, net vreeslik besig.

Het ook agter gekom die Amerikaners is baie lief vir hulle Drive Thru's. Jy kry jou gewone Drive Thru vir kos plekke en dan die volgende wat ek nou in die laaste paar dae gesien het:

Starbucks Drive Thru (het nog nie een gehad nie)
Wallgreens Pharmacy Drive Thru
En die beste van alles - Bank teller Drive Tru - Henry sê daar is van die ook in SA, maar ek het nog nooit een gesien of van een gehoor nie.

Dit was net weird, al die Drive Thru's.

Portofino Centre - Italiaanse sentrum

Porotfino

Portofino

Portofino

No comments:

Post a Comment