Eerste is die hotel. Ek het net 'n paar foto's geneem. Dis baie nice, maar die kinders sukkel om te verstaan hier is mense om hulle, so hulle moet sagter as normaalweg. Dis so moeilik, want hulle is nie loud of besig nie, nie meer as normaal nie, maar vir waar ons is, is dit bietjie te veel. Hier is 'n swembad, maar die weer was sover nog te koud regtig vir hulle om te swem, maar blykbaar sal dit vandag warmer wees. Ons sal maar moet wag en sien.
Die kinders en ek sukkel nog om met die tyd aan te pas. Hulle het amper die heel middag gister geslaap en Kiaan was al teen 17:00 se kant uit vir die aand en Zander seker al teen 19:00. Ek dink ek was ook al voor 20:00 uit en vanoggend 03:45 was ons almal al weer wakker. Sal moet probeer om hulle so lank as moontlik wakker te hou vandag en kyk of dit werk.
Spring Hill Suites |
Kamer deur |
Kiaan |
Zander en Kiaan |
Zander |
Henry |
Kinders by die ingang |
Zander en Kiaan |
Aaaw.. En hier dog ons dit gaan nie so koud daar wees nie (seker maar een van di skaars dae). Daar is seker hoop vir my (wink wink). Keep us posted..!!
ReplyDelete